Inskrywings Gemerk ‘klassieke Afrikaanse boeke’
Afrikaanse Boeke te Koop
Is jy op soek na uitstekende Afrikaanse boeke? Indien wel, dan is jy nou by die regte plek. CruGuru se strewe is om voortreflike Afrikaanse boeke, beide fiksie en nie-fiksie, aan jou te bied in verskillende media-formate soos tradisionele gedrukte boeke, e-boeke en oudio-boeke. Ons poog om op ‘n gereelde basis ‘n verskeidenheid te publiseer wat bestaan uit nuwe boeke, klassieke Afrikaanse werke, asook herdrukke van minder bekende Afrikaanse boeke.
Hiermee wil ons dit maklik maak vir die leser om Afrikaanse boeke aanlyn te soek en om Afrikaanse boeke te koop op die internet.
Om vars boekenuus van ons per e-pos te ontvang, teken asseblief in op ons nuusbrief aan die regterkant van hierdie webwerf deur jou e-posadres in die aangewese blokkie in te vul en die knoppie te kliek.
Loeloeraai
Deur C. J. Langenhoven
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre.
Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, Engela, oom Stoffel, Watwo en Herrie, Kerneels se mak olifant. Dan is daar Loeloeraai, ‘n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Die gereg wil hom egter in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het…
Somer
Deur C. M. Van Den Heever
Eerste liefde, jaloesie, hebsug en die mens se stryd teen die elemente om sy voortbestaan, word in hierdie novelle van C.M. van den Heever tot ‘n spannende klimaks gedryf.
Dit is hoogsomer en tyd om die koring te oes op Oom Tom se plaas voor die hael dit afslaan. Die plaas het eers aan sy voorsate behoort, maar nou besit hy ‘n deel, sy broer Frans ‘n deel en ‘n buitestaander, Faan, ‘n ander deel. Faan het die stuk grond gekoop van Tom se ander broer wat uitgeboer het. Faan se seun, Hannes, het ‘n ogie op Tom se pragtige sewentienjariger dogter, Linda.