Inskrywings Gemerk ‘Afrikaanse humor’
Alle Grappies op ‘n Stokkie
Deur Martyn Demas
301 Skoon Lekkerlag Grappe vir Jou Plesier
Het dit al met jou gebeur dat jy so baie uitstekende grappies hoor, maar dit amper onmiddelik weer vergeet? Moenie bekommerd raak nie, dit gebeur met die meeste van ons, ook met Martyn Demas.
Loeloeraai
Deur C. J. Langenhoven
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre.
Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, Engela, oom Stoffel, Watwo en Herrie, Kerneels se mak olifant. Dan is daar Loeloeraai, ‘n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Die gereg wil hom egter in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het…