Loeloeraai
Deur C. J. Langenhoven
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre.
Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, Engela, oom Stoffel, Watwo en Herrie, Kerneels se mak olifant. Dan is daar Loeloeraai, ‘n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Die gereg wil hom egter in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het…
Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het. Loeloeraai se besoek is om die aarde te bestudeer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.
ISBN: 978-1-920414-03-0; 978-1-920414-05-4
Bestel-inligting:
Neem asb. kennis dat werklike pryse mag verskil van pryse wat hier gekwoteer is, omdat sekere boekverkopers van tyd tot tyd afslag op produkte bied en omdat sekere handelaars se pryse aan wisselkoerse onderworpe mag wees.
Tipe: Sagteband (6×9 duim)
Lande: VSA, VK, EU
Prys: $8.99
Handelaar: Lulu.com: Kliek Hier om te bestel
Tipe: E-Boek (PDF – aflaaibaar)
Lande: Wêreld
Prys: $4.97
Handelaar: Lulu.com: Kliek Hier om te bestel
