postheadericon Afrikaanse Boeke te Koop

Afrikaanse boeke te koopIs jy op soek na uitstekende Afrikaanse boeke? Indien wel, dan is jy nou by die regte plek. CruGuru se strewe is om voortreflike Afrikaanse boeke, beide fiksie en nie-fiksie, aan jou te bied in verskillende media-formate soos tradisionele gedrukte boeke, e-boeke en oudio-boeke. Ons poog om op ‘n gereelde basis ‘n verskeidenheid te publiseer wat bestaan uit nuwe boeke, klassieke Afrikaanse werke, asook herdrukke van minder bekende Afrikaanse boeke.

Hiermee wil ons dit maklik maak vir die leser om Afrikaanse boeke aanlyn te soek en om Afrikaanse boeke te koop op die internet.

Om vars boekenuus van ons per e-pos te ontvang, teken asseblief in op ons nuusbrief aan die regterkant van hierdie webwerf deur jou e-posadres in die aangewese blokkie in te vul en die knoppie te kliek.

postheadericon Boek in die Kollig:
Alle Grappies op ‘n Stokkie

Alle Grappies op 'n StokkieDeur Martyn Demas

301 Skoon Lekkerlag Grappe vir Jou Plesier

Het dit al met jou gebeur dat jy so baie uitstekende grappies hoor, maar dit amper onmiddelik weer vergeet? Moenie bekommerd raak nie, dit gebeur met die meeste van ons, ook met Martyn Demas.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Persverklaring: Boekvrystelling van “Soektog na Liefde”

VIR ONMIDDELLIKE PUBLIKASIE

Boekvrystelling: Soektog na Liefde

Johannesburg, Gauteng – 8 November 2011 – CruGuru Uitgewers

CruGuru Uitgewers wil graag die vrystelling van ‘n nuwe Afrikaanse boek in hulle stal aankondig: Soektog na Liefde deur Edna Cane.

Soektog na Liefde is ‘n Christelike roman wat handel oor liefde, swaarkry en vreugde, familiebande, versoeking, sonde, genade en vergiffenis..

Soektog na Liefde vertel die verhaal van Tracey, wie se lewe binne ‘n paar maande heeltemal omvergewerp word en haar geloof voor ‘n groot toets te staan kom.

Alles het begin toe Tracey se ma ernstig siek begin word het.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Drome kan Waar Word

Drome Kan Waar WordDeur Edna Cane

Sheree Stiler is ‘n jong Christenmeise in Suid-Afrika wat met haar lewe probeer voortgaan, sewe maande nadat haar kêrel Ricardo in ‘n skietongeluk gesterf het.

Sheree het ‘n paar groot drome oor wat sy met haar lewe vorentoe wil bereik: Sy wil haar eie boek skryf, sy wil vir ‘n wêreldbekende Britse popgroep liedjies skryf, sy wil haar eie hotel oopmaak, en sy wil ook haar ware man ontmoet.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Totsiens aan Gister op Crink.co.za

Totsiens aan Gister deur Edna Cane is nou ook beskikbaar op Crink.co.za vir bestellings in Suid-Afrika. Besoek asseblief Totsiens aan Gister se blad op CruGuru (www.cruguru.net/totsiens-aan-gister) vir meer inligting, of gaan direk na die boek se bladsy op Crink.co.za.

Huidiglik beloop die posgeld verbonde aan die bestelling van die boek ‘n addisionele R32.00.

postheadericon Lokvideo vir “Soektog na Liefde”

‘n Lokvideo vir “Soektog na Liefde” deur Edna Cane is voltooi en is beskikbaar op die boek se webblad: http://www.cruguru.net/soektog-na-liefde.

Hierdie boek se lokvideo is ook op YouTube beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=9MJ8YI5mKqA. Julle is welkom om ook daar te gaan kyk en kommentaar te lewer.

postheadericon Soektog na Liefde

Soektog na LiefdeDeur Edna Cane

Alles het begin toe Tracey se ma ernstig siek begin word het.

Tracey moet haar werk as instruktrise by die gimnasium prysgee om haar ma voltyds te kan versorg. Uiteindelik versleg haar ma se toestand sodanig dat Tracey en haar man, Eric, haar ma by ‘n versorgingstehuis moet gaan inboek, met hulle eie geld. Dit begin ook sleg gaan met Eric se werk, sodanig dat sy inkomste heelwat verminder, en van hier af loop alles net skeef in Tracey se lewe.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Totsiens aan Gister op Kalahari.com

Totsiens aan Gister deur Edna Cane is nou beskikbaar op Kalahari.com (voorheen Kalahari.net) vir bestellings in Suid-Afrika. Besoek asseblief Totsiens aan Gister se blad op CruGuru (www.cruguru.net/totsiens-aan-gister) vir meer inligting, of gaan direk na die boek se bladsy op Kalahari.com.

Neem asseblief kennis dat die boek se prys op Kalahari.com van tyd tot tyd mag wissel as gevolg van die R/$ wisselkoers, omdat die boek uit die VSA bestel word.

postheadericon Roepstem van die Horison op Amazon.com

Roepstem van die Horison deur Johann Bacher is nou beskikbaar op Amazon.com vir Afrikaanse lesers in die VSA. Besoek asseblief Roepstem van die Horison se blad op CruGuru (www.cruguru.net/roepstem-van-die-horison) vir meer inligting, of gaan direk na die boek se Amazon-bladsy: http://www.amazon.com/gp/product/1920414657?ie=UTF8&tag=cruguru-20&linkCode=as2&camp=1789&creative=390957&creativeASIN=1920414657.

postheadericon Totsiens aan Gister op Amazon.com

Totsiens aan Gister deur Edna Cane is nou beskikbaar op Amazon.com vir Afrikaanse lesers in die VSA. Besoek asseblief Totsiens aan Gister se blad op CruGuru (www.cruguru.net/totsiens-aan-gister) vir meer inligting, of gaan direk na die boek se Amazon-bladsy: http://www.amazon.com/gp/product/1920414649?ie=UTF8&tag=cruguru-20&linkCode=as2&camp=1789&creative=390957&creativeASIN=1920414649.

postheadericon Totsiens aan Gister se Facebook-Blad

Ons skrywer Edna Cane het nou, benewens die Facebook-groep, ook ‘n Facebook-Blad vir haar boek “Totsiens aan Gister” geskep. Edna plaas gereeld inligiting oor haar boek op die blad. Besoek dit gerus om meer oor die boek te wete te kom.

Edna Cane kan ook op haar eie Facebook-Blad gekontak word.

postheadericon Persverklaring: Boekvrystelling van “Totsiens aan Gister”

VIR ONMIDDELLIKE PUBLIKASIE

Boekvrystelling: Totsiens aan Gister

Johannesburg, Gauteng – 20 April 2011 – CruGuru Uitgewers

CruGuru Uitgewers wil graag die vrystelling van ‘n nuwe Afrikaanse boek in hulle stal aankondig: Totsiens aan Gister deur Edna Cane.

Totsiens aan Gister is ‘n Christelike liefdesroman gebaseer op die ware verhaal van Edna Cane se lewe, die eens wilde tequila queen van Pretoria, by wie se lewe die Hemelse Vader ingegryp het, en haar voorheen egosentriese bestaan wonderbaarlik deur Sy groot genade omgekeer het. Totsiens aan Gister sal veral byval vind by Christene omdat dit op die waarheid gebaseer is, en enige leser wat van ‘n boeiende Afrikaanse liefdesverhaal hou. Totsiens aan Gister is ‘n verhaal van oorwinning en ‘n nuwe lewe…

Totsiens aan Gister handel oor die lewe van die tequila queen, die Pretoria-prinses, en the one and only, soos die liedjie sê. Dít is hoe Zani Calitz haarself graag beskryf. Sy voer ‘n sorgelose bestaan in Pretoria as kelnerin wie slegs vir fooitjies werk. Haar borrelende persoonlikheid en liefde vir gesels sorg egter dat sy nie juis oor geld hoef bekommerd te wees nie.

Zani is verlief op Carlos, maar hy soek net vriendskap, want hy en die groot liefde van sy lewe, Yvonne, het reeds ‘n standvastige verhouding. Zani probeer hard om van Carlos te vergeet deur drankmisbruik, dwelms, kuier, partytjies en harde werk, baie keer met ‘n babelaas op die koop toe.

Lees die res van hierdie inskrywing »

Nuusbrief
Om vars boekenuus van CruGuru af te kry, teken asseblief in op ons nuusbrief deur die onderstaande vorm te gebruik. Jy kan ter enige tyd van die nuusbrief onttrek as jy wil.

Vul jou e-pos adres in:

Diens gelewer deur FeedBurner

Jy gaan 'n e-pos van FeedBurner af ontvang sodra jy ingeteken het om jou e-posadres te bevestig.